Volgens die kalender vind die nasionale opleiding vir besture, keurders en administrateurs plaas
op Saterdag, 24 Januarie 2026 in Kemptonpark plaas by Le Chateau Gastehuis.
Aangeheg is ’n program vir die naweek. Kyk asb. daarna en maak seker watter van die sessies
julle moet bywoon.
Registrasies word gedoen op die Jot-vorm by die skakel hieronder:
https://form.jotform.com/ringbalsasg/ringbal-suid-afrika-admin-opleiding
• Onthou asb. dat bywoning van ten minste een kursus per jaar verpligtend is vir alle keurders.
• Bywoning van die administratiewe kursus sluit veral sekretaresse, administrasie, sportivo en
tesourier in, maar daar is heelwat inligting van ander portefeuljes ook. Die
bemarkings portefeulje word ook die jaar geïnkorporeer. Dit is verpligtend vir alle provinsies,
distrikte en nasionale verenigings se sekretaresses, administratiewe portefeuljes en
tesouriers, maar dit sal alle portefeuljes baat om die opleiding by te woon.
• Die keurderopleiding is verpligtend vir almal wat op die toernooi wil keur en bywoning sal in
ag geneem word met die plasing van keurders. Distrik keurders is welkom om by te woon
aangesien dit baie insiggewend is.
Sperdatum vir inskrywings Woensdag, 14 Januarie
Onthou asb. dat daar ’n R50 bywonings fooi vir elke kursus is en vir persone wat al die kursusse
bywoon, is die koste R80 vir die dag.
Daar sal weer ’n toebroodjie beskikbaar wees vir middagete teen R60 per persoon wat vir die
bywoner se eie koste is.
Indien mense registreer vir die kursus op die skakel en dan nie bywoon nie sal alle kostes van
die persoon verhaal word.

Nasionale opleiding 24 Januarie – program

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *